The Village in die Langebaan Country Estate

Die 323 huise in die Langebaan Country Estate wat The Village vorm, bied ’n veilige, stylvolle en bekostigbare leefstyl in ’n dinamiese gemeenskap waar residensiële, ontspannings- en gesondheidsorgfasiliteite langs ’n pragtige kusomgewing gekombineer word.

’N PLATTELANDSE LEEFSTYL

Die Langebaan Country Estate is op 450 hektaar net buite Langebaan langs die Weskus Nasionale Park geleë. Dié leefstyllandgoed is die tuiste van inheemse wild, ’n ryk voëllewe en ’n groot verskeidenheid skilpadspesies wat saam met die streek se natuurlike Fynbos- en Renosterveld-flora die omgewing vir ’n idilliese leefstyl skep.

The Village-huise se styl is eg Kaaps en almal front Noord met hul rugkant teen die somerwind. Die moderne huise maak ’n binnenshuise en buitenshuise leefstyl maklik deur hul dubbelvolume ruimtes wat met topgehalte toestelle toegerus is. Dit sluit ingeboude, stadig-verbrandende kaggels vir houtvure in wat die hele tuiste in die winter kan warm hou. Al die huise is troeteldiervriendelik en is slim beplan met groot vensters vir die prentjiemooi uitsig. Die moderne kombuise maak van kook ’n groot plesier, veral wanneer kleinkinders kom kuier.

Die eenhede word op ’n lewensreggrondslag verkoop, wat beteken dat die ontwikkelaar verbind is tot volhoubaarheid op die lang termyn en lewenslange sorg. 

’N GEMEENSKAPSLEWE

Die klubhuis is binne stapafstand van al die eenhede geleë. Binnenshuis is dit luuks gemeubileer; en aan die buitekant is ’n groot kuierstoep rondom die gebou waar inwoners saam middagete, tee of ’n paar drankies kan geniet terwyl hulle die mooi uitsig bewonder. Dit is die perfekte plek om familie en vriende te onthaal, groot sportwedstryde te kyk of net ’n ete te geniet.

In ’n groep van eendersdenkende mense word verhoudinge vinnig rondom gemeenskaplike belangstellings gebou. Op dié manier word die klubhuis die middelpunt van The Village-lewe. Dit het regtig alles, daar is selfs ook ’n komplimentêre pendeldiens na die dorp.

Z

Restaurant

Z

Kroeg/sitkamer

Z

Haarkapper

Z

Wasgoedgerief

Z

Biblioteek

Z

Koffiewinkel

Z

Funksielokale

WORD AKTIEF OUER

Bykomend tot die Black Knight-ontwerpte gholfbaan deur Gary Player Designs, is daar ’n korter oefenbaan wat baie toegangklik is vir minder energieke (of minder vaardige) gholfspelers – en natuurlik is daar ’n afslaanbof, minigholf, ’n klubhuis en ’n winkel.

Daar is ’n ultramoderne, ten volle toegeruste gymnasium sowel as tennisbane, ’n rolbalbaan en ’n skitterblink swembad wat aansluit by die skilderagtige stap-, fietsry- en drafroetes wat deur die landgoed geweef is. Boonop is Langebaan een van die wêreld se gunsteling watersportbestemmings, daarom is dit belangrik om genoeg motorhuise te hê wat ruimte bied vir ’n paar speelgoed – en selfs ’n werkstafel.

TENTOONSTELLING

Kom kyk self!
11h00 – 14h00 Sondag 

VEILIGHEID EN SEKURITEIT

The Village het ’n ideale ligging op die veilige en sorgvrye Langebaan Country Estate van 450 hektaar. Dit bied topgehalte sekuriteit en ’n ten volle ondersteunde aftreeleefstyl. Dit het onder meer:

  • Elektriese omheining
  • ’n Toegangsbeheerstelsel by The Village-ingange
  • ’n Radargrondomtrekstelsel
  • ’n CCTV-stelsel wat toesig oor die omtrek van die gronde en gemeenskaplike ruimtes hou
  • ’n Alarmstelsel in elke huis met ’n 24/7 paniek- en verpleegkundige roepfunksie

Kommunikasiestelsels in alle suites en kothuise:

  • Interkom en handtoestelle (in kombuis en slaapkamer) vir kommunikasie tussen inwoners en toegangshekke, sekuriteit en versorgingsentrum
  • Handtoestelle beskik oor ’n noodoproepfunksie en ’n outomatiese noodwaarskuwing sou die toestel opgetel word maar geen oproep gemaak word nie
  • Noodroepknoppie vir verpleegster in elke badkamer
  • Call4Care

GESONDHEIDSORG

Gesondheidsorgdienste word deur Medwell SA verskaf, en alle basiese dienste, soos gesondheidsmonitering, word by die heffing ingesluit.

Daar is oor die algemeen ’n sterk skuif na tuissorg eerder as institusionele versorging, en daarom is die huise noukeurig ontwerp met onder meer toeganklike badkamers, want indien dit sou gebeur dat inwoners meer omvattende sorg nodig het, sal hulle so lank as moontlik in hul huise kan bly. Maar daar is ook bystands- en versorginggeriewe. Die Fase 3-ontwikkeling sal ’n sentrum vir demensie insluit.

SPYSENIERING, SKOONMAAK EN WASDIENSTE

The Village bied ’n volledige spysenieringsdiens, wat aangepas kan word om aan individuele en spesiale behoeftes te voldoen. Inwoners kan kies of hulle van die wasgoeddienste, skoonmaakdienste en etes wat tuis afgelewer word, wil gebruik maak. Die huishoudingsdienste word op ’n omgewingsverantwoordelike en volhoubare wyse bestuur.

3-SLAAPKAMER KOTHUISE

vanaf R2 950 000

Dit het ’n woon- en eetkamer, kaggel, kombuis, drie slaapkamers, twee badkamers (waarvan een binne die hoofslaapkamer is), bedekte stoep met ’n braai, dubbelmotorhuis en eie tuin.

2-SLAAPKAMER KOTHUISE

vanaf R2 675 000

Dit het ’n woon- en eetkamer, kaggel, kombuis, twee slaapkamers, twee badkamers (waarvan een binne die hoofslaapkamer is), bedekte stoep met ’n braai, dubbelmotorhuis en eie tuin.

binnehof SUITES

1-slaapkamer vanaf R1 550 000
2-slaapkamer vanaf R1 757 500

Die suites het ’n woon- en eetkamer, kombuis, een of twee slaapkamers, een badkamer, bedekte stoep, ’n enkelmotorhuis, eksklusiewe tuin en sekeres het ’n kaggel.

Heffings sluit in: 

Volle, topgehalte sekuriteit
Bestuur van residensiële area en landgoed
Instandhouding van gemeenskaplike tuine en alle gemeenskaplike geriewe
Instandhouding van die buitekant van alle eenhede
Algemene gesondheidsassessering
Toegang tot sorgsentrum
Toegang tot kliniekdienste
Aanwending van prosedures wat binne die diensvermoë van ’n geregistreerde verpleegkundige is, soos voorgeskryf deur mediese praktisyns
Toegang tot ’n 24-uur noodoproepstelsel in samewerking met Call4Care
Ondersteuning van ’n gesondheidsorgbestuurder om toestemming vir voordele van die inwoners se mediese fondse te verkry
Tydelike noodsorg van 5 dae per jaar per eenheid
Beskikbaarheid van bykomende tuisversorging
Fone met interkomgerief
16 etes per maand
Veselkonnektiwiteit
Interkom en handtoestelle (in kombuis en slaapkamer) vir kommunikasie tussen inwoners en toegangshekke, sekuriteit en versorgingsentrum
Noodroepknoppie vir verpleegster in elke badkamer

Fase 1 verkoop nou!

Kies jou perfekte huis op jou ideale plek. Kliek op die kaart om beskikbare eenhede te sien.

The Village in die Langebaan Country Estate bied veilige, moderne en ruim behuising wat bestaan uit: 
25 x 1-slaapkamer binnehof suites, 55 x 2-slaapkamer binnehof suites, 71 x 2-slaapkamer kothuise, 72 x 3-slaapkamer kothuise

WIL U GRAAG MEER WEET?

Photographs shot in and around Langebaan Country Estate and the West Coast region.
The Village © 2018.  All Rights Reserved.
Availability and prices of units are subject to change without prior notification.